Skryf nóú in vir Swartland se landbouwerkertoekennings
Dis weer tyd vir die jaarlikse proses om die Wes-Kaap se top-landbouwerkers aan te wys.
Die provinsiale departement van landbou se kompetisie word in streke verdeel waarna elke streek se wenners in die onderskeie kategorieë teen mekaar meeding om die provinsiale pryse.
Alle landbouwerkers mag deelneem. ’n Landbouwerker is enige persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer.
Die werkgewer, bestuur, plaaswerkerskomitee of medewerkers kan persone vir die kompetisie benoem.

Die Swartland-streek se kompetisie word van vanjaar deur die Goedgedacht Trust gereel en gekoördineer.
Inskrywings sluit 13 Junie 2025.
Daar is verskeie afdelings waarin werkers kan inskryf:
Algemene werker
Drywer
Administratiewe personeel
Tegniese operateur
Besproeiingspesialis
Diereproduksie
Sosiale ontwikkeling
Landbouverwerking
Voorman/-vrou
Junior bestuur
Middelbestuur

Daar is prysgeld vir die eerste drie plasings in elke kategorie sowel as vir die deelnemer met die beste potensiaal en die algehele streekwenner.
Die Swartland se prysuitdelingsfunksie vind op 28 Augustus plaas.

Kontakpersone
Streekkoördineerder:
Anna Nobangela: cw@goedgedacht.org
Jonbenay Prins: first1000days@goedgedacht.org
Marise Cloete: popsw@goedgedacht.org
Tel: 022 482 4466/4369/1291 j Sel: 081 053 3600
