LatestSports

Wesbank val vas; Saron kruip nader

Die afgelope naweek se Swartland-kragmetings in Boland Rugby se grootuitdaagliga het opnuut getoon dat daar bitter min maklike wedstryde is. Die ligavoorloper, Wesbank, kon op sy tuisveld nie daarin slaag om die besoekers van Porterville te klop nie.

Porterville was daarop uit om die bordjies te verhang nadat hulle in die eerste helfte van die seisoen op hul tuisveld met 27-31 teen Wesbank vasgeval het.
Die besoekers, tans sesde op die punteleer, het Saterdag se wedstryd naelskraap met een punt (35-36) gewen nadat Wesbank met die rustyd nog met 15-12 voor was.
Die Koringboere het twee ligapunte verdien en hul plek bo-aan die punteleer behou.
Saron, wat tans tweede lê, het in hul derbywedstryd maklik met 12-51 oor die bure van Voorberg geseëvier.

Abbotsdale het op hul tuisveld hulle kanse op ‘n plek in die Top-12 lewend gehou toe hulle die volle 5 ligapunte verdien het teen die besoekers van Moorreesburg. Lillies het die kragmeting met 47-40 gewen nadat hulle met rustyd met 24-20 voorgeloop het.
Good Hopes van Riebeek-Wes het na Darling gereis en die Melkboere naelskraap met 17-18 geklop.
Never Despair het op hul beurt na Wittewater gereis en met 19-24 teen Villagers vasgeval.
Op Riebeek-Kasteel het Riebeek United gasheer gespeel vir die manne van Mamre. Laasgenoemde was net te sterk en het die wedstryd met 19-26 gewen.

Die bepalings vir die komende naweek (tuisspanne eerste) is:
Darling teen Abbotsdale
Villagers Wittewater teen Porterville
Voorberg teen Wesbank
Saron teen Moorreesburg
Never Despair teen Mamre en
Good Hopes teen Riebeek United

Leave a Reply

error: Content is protected !!