LatestNews

Kom daar ‘n nuwe pad?

PPC begin bou aan hul nuwe moderne aanleg buite Riebeek-Wes.
Die belegging teen ‘n koste van R3 miljard is die grootste enkele projek wat ooit in die Swartland onderneem is.
Wanneer die nuwe aanleg in produksie kom, sal dit drie keer meer sement vervaardig as die huidige aanleg.
Dit sal onder meer ‘n toename behels in vragmotorverkeer na en van die PPC-aanleg met ‘n bepaalde impak op bestaande paaie en padgebruikers.

Talle inwoners van die Riebeekvallei is ontevrede oor die hoër vragmotorverkeer wat dit deur Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel tot gevolg kan hê.
Dit blyk dat die steil roete oor Bothmaskloof ook sy tol op swaar vragmotors eis.
Al sê ‘n senior lid van plaaslike bestuur aan dié courant dat daar ‘n nuwe teerpad gebou gaan word om die R311 van buite Riebeek-Wes met die nuwe Malmesbury verbypad te verbind, wil nóg die Swartland Munsipaliteit nóg PPC dit bevestig of ontken.

Hier is die munisipaliteit se antwoord op ‘n navraag in dié verband:
“Swartland Munisipaliteit en ander belangegroepe is in gesprek met PPC oor die behoefte aan ’n verkeerimpakstudie wat hul R3 miljard-uitbreiding in die area sal ondersteun. Geen verdere besonderhede is tot dusver bespreek nie.”
Ook navraag na PPC in dié verband kon nie lig op die aangeleentheid werp nie:
““PPC is considering various logistical scenarios and have not committed to any new major road construction projects, outside of the new plant”.
(It is also important to discuss this issue with the municipality, which is responsible for all roads outside the new PPC plant.)

Leave a Reply

error: Content is protected !!