Voëlvlei 13,5 punte leër as in 2025
Die watervlak van die Voëlvleidam is vanoggend gemeet op 76.97% – bykans 10 persentasiepunte laer as die 86,3% van ‘n maand gelede.
‘n Jaar gelede was die dam 90,4% vol.

Die vlak het die afgelope vier weke onderskeidelik met 2,49 (8 tot 15 Desember), 1,94 (15 tot 22 Desember), 1,96 (22 tot 29 Desember) en 2,31 (29 Desember tot 5 Januarie) persentasiepunte gedaal.
Die warm droë tweede helfte van 2025 het intussen ‘n impak gehad op die landbou in die Swartlandstreek met kleiner graanoeste as aanvanklik verwag en ook die droëlanddruiwe se korrels/opbrengs is kleiner en die oeste/parstyd is ‘n paar dae vroeër.

Intussen het die Stad Kaapstad inwoners gevra om water spaarsamig te gebruik omdat hul opgaardamme se vlak gesamentlik bykans 20 persentasiepunte laer is as ‘n jaar gelede met die risiko van ‘n moontlike droë 2026.
Die stad maak ook melding van hul totale waterverbruik van oor die 1 000 miljoen liter per dag met ‘n teiken van 975 miljoen liter.
Die Voëlvleidam is die Swartland se vernaamste drinkwaterbron, terwyl dorpe soos Moorreesburg en Koringberg hul water uit die Misverstanddam kry. (Dit word by Withoogte gesuiwer).
Die vlak van die Voëlvleidam vroeg in Januarie sedert 2013:

